Talle haakplekke in SA verkiesingJune 2, 2024
Terwyl Namibië sy vere regskud vir die verkiesing wat later vanjaar plaasvind is daar omstredenheid in Suid-Afrika. Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika sê 100-persent van die stemme is getel en aangeteken maar dit kom nie sonder uitdagings nie. Die ACDP se Nasionale Uitvoerende Komitee het ʼn onafhanklike verkiesings-ontleder aangestel om die party se besware oor die uitslag aan die Verkiesingskommissie te hanteer. Die party sê hy is oorval met navrae, klagtes en bewerings oor stem- en telprosesse. Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid Afrikaanse politieke ontleder, gee sy mening oor die probleme wat kop uitgesteek het tydens die verkiesing.