Namibië en Oman meet kragteJune 2, 2024

Die T20 Wêreldbeker 2024 is in volle swang en Namibië meet kragte met Oman, Maandag, 3 Junie 2024, op die Kensington Oval in Barbados. Jy sal moet vroeg opstaan aangesien die kragmeting om half drie die oggend plaasvind. Daar behoort genoeg spanning en aksie te wees aangesien beide spanne daarna streef om hul vaardighede ten toon te stel en verder in die toernooi te vorder. Die nasionale Mans-hoofafrigter, Pierre de Bruyn, het met Kosmos 94.1-nuus gesels oor die span se voorbereiding en of die span gereed is vir hierdie opwindende kragmeting.