Namibië identifiseer registrasie-punteJune 2, 2024
Die Verkiesingskommissie van Namibië het 4 297 registrasie-punte in 121 kiesafdelings in al 14 streke van die land geïdentifiseer vir die algemene registrasie van kiesers voor Namibië se nasionale verkiesing in November. Die meeste van die geïdentifiseerde registrasiepunte is by kerke, gemeenskapsale, skole sowel as plase in sommige streke. Registrasiedatums gaan nie verleng kan word nie, en alle kwalifiserende burgers word aangemoedig om vanaf 3 Junie tot 1 Augustus binne hul kiesafdelings te registreer. De Wet Siluka, die korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder by die ECN maan die publiek om te registeer.