Chinese tuig land aan anderkant van maanJune 3, 2024
‘n Chinese ruimtetuig het aan die anderkant van die Maan geland om rots- en klipmonsters te versamel. China se amptelike nuusagentskap, Xinhua, sê die landingstuig het vanoggend in ‘n groot krater geland wat bekendstaan as die Suidpool-Aitken-kom. Die sending is die sesde in die Chang’e Moon-verkenningsprogram. Die projek maak deel uit van ‘n groeiende ruimte-verkenningstryd met Amerika en ander lande, insluitend Japan en Indië. Beijing sê hy wil voor 2030 ‘n mens op die maan plaas.