Kommer oor Afrika se gebrek aan ekonomiese soewereiniteit

‘n Professor in Afrika-studies van die Universiteit van Kaapstad, Horman Chitonge, het sy kommer uitgespreek oor die vasteland se gebrek aan ekonomiese onafhanklikheid, ondanks die rykdom aan mense en hulpbronne. Van die 25 armoedigste lande in die wêreld is 22 op die Afrika vasteland. Hy sê ‘n land se soewereiniteit word bepaal deur hoe sterk sy ekonomie is. Chitonge voeg by sterk, produktiewe vermoëns help Afrika om monitêre en finansiële afhanklikheid te verminder wat belangrik vir sy ekonomiese soewereiniteit is.