Varke eet aan gestorte baba in plastieksak
Nog ‘n grusame ontdekking van ‘n babastorting is in Oshikuku in die Omusati-streek gemaak. Verbygangers het gesien varke op ‘n leë erf eet iets uit ‘n plastieksak en het ondersoek ingestel. Hulle het die oorskot van ‘n pasgebore baba ontdek asook bloedbevlekte babaklere en rondgestrooide beendere. NamPol se Omusati-misdaad-ondersoek koördineerder, adjunkkommissaris Moses Simaho, sê hulle ondersoek ‘n saak van moord en verberging van geboorte. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.