Zelensky in Saoedi-Arabië vir nuwe VSA-samesprekings March 10, 2025
Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, sal later vandag in Saoedi-Arabië aankom voor belangrike samesprekings met Amerikaanse amptenare oor die beëindiging van die oorlog met Rusland. Hy sê Oekraïne wil vrede hê en Rusland is die enigste rede vir die voortslepende oorlog. Môre se hoogs-verwagte onderhandelings tussen Amerikaanse en Oekraïense amptenare het ten doel om ‘n oplossing te vind vir die konflik van die afgelope drie-jaar. Amptenare van hierdie lande sal die eerste keer vergader sedert Zelensky se rampspoedige besoek aan die Withuis verlede maand.