Springbokke kraai steeds koning in wêreld March 10, 2025
Rugby: Die Springbokke is steeds veilig boaan die wêreldranglys al het hulle in November laas gespeel, maar Ierland het die tweede plek aan die All Blacks afgestaan na Saterdag se nederlaag teen Frankryk, wat vierde is. Les Bleus het die geleentheid verbrou om die eerste keer sedert Julie 2022 bo Ierland op te skuif, deur ‘n voorsprong van 42-13 deur hulle vingers te laat glip om uiteindelik 42-27 te wen. Die res van die top-tien bly dieselfde met Argentinië vyfde, gevolg deur Engeland, Skotland, Australië, Fidji en Italië.