Hofsake kan nou vinniger afgehandel word

Die justisie-ministerie het die aanstelling aangekondig van 26 nuwe staatsaanklaers wat hul pligte op verskillende datums tussen November en Januarie sal aanvaar. Die uitvoerende direkteur by die ministerie, Gladys Pickering, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat dit vir die ministerie sal beteken, veral omdat sake nou vinniger afgehandel sal word. Tans het die Namibiese regbank ‘n onbeperkte tydhorlosie, wat geregtigheid benadeel. Die tydsverloop tussen arrestasie en verhoor, en dan vonnis, is afgryslik en dit wek kommer.