Shangula betree gesprek oor toestand van paaie

Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het sy stem bygevoeg tot ‘n debat oor padtariewe, veral in verband met oorlading. Volgens Shangula staar Namibië ‘n openbare gesondheidskrisis in die gesig van sterftes en beserings wat deur motorongelukke veroorsaak word. Die stelsel is onder druk as gevolg hiervan en die koste beserings beloop meer as 30 miljard Namibiese dollar wat enorm is. Shangula sê terwyl daar ‘n aantal faktore is wat hiernatoe bydra, is die toestand van paaie een van die faktore wat geraak word deur oorlading.