Ondersteuner sterf na Wêreldbeker-trofeetoer
SA Rugby is hartseer na die dood van ‘n ondersteuner in Oos-Londen wat beseer is tydens die Springbokke se Rugby Wêreldbeker-trofeetoer. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het hulle innige meegevoel betuig met die familie en vriende van Minentle Noqhamka. Die twintigjarige student het probeer om op ‘n Njala van die polisie te klim wat die rugbyspelers se toerbus vergesel het, en het onder die voertuig beland. Sy het gesterf nadat haar been geamputeer moes word.