Moordenaars huil oor hulle dieet in die tronk

Twee veroordeelde moordenaars wat tans in die Hardap korrektiewe fasiliteit hulle vonnisse uitdien, dagvaar die minister van veiligheid en sekuriteit sowel as die kommissaris-generaal van die Korrektiewe Diens en ander amptenare vir skadevergoeding van 1,6 miljoen Namibiese dollar of 800 000 dollar elk. Die twee, Joseph Shikongo en Willem Valombola sê daar word inbreuk gemaak op hulle basiese regte omdat hulle nie die regte dieet in die tronk, soos hulle in Windhoek ontvang het, ontvang nie. Die twee maak geen besonderhede bekend nie maar sê hulle is ‘n spesiale dieet deur die Windhoek fasiliteit se dokter voorgeskryf omdat hulle op voorskrif medisyne is. Dus, is hulle immuun stelsel gekompromitteer en so ook hulle selfbeeld.