Vrou spring uit voertuig, sterfNovember 8, 2023
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n 31-vrou van Windhoek in ‘n vreemde ongeluk gesterf het. Sy was in ‘n Toyota Wish 7-sitplek sedan saam met drie ander passasiers en die bestuurder onderweg van Usakos na Arandis toe die voertuig se uitlaatpyp in die middel gebreek en die voertuig laat spring het. Die bestuurder het beheer verloor en skerp uitgeswaai. Die vrou, wat voor gesit het, het na bewering haar sitplekgordel losgemaak en uit die bewegende voertuig gespring. Sy het ernstige beserings opgedoen, waaraan sy beswyk het. Die bestuurder het glo weer beheer oor die voertuig gekry en niemand anders is beseer nie.