Spaar is moeilik in die heersende ekonomiese omstandighede
Minder as die helfte van werkers in Namibië spaar aktief vir aftrede, en daar is min vertroue in die toereikendheid van hul aftreespaargeld, volgens die Old Mutual Finansiële Dienste-monitor. ‘n Plaaslike ekonoom, Cons Karamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is iets wat Namibiërs ernstig moet opneem. Karamata verduidelik dat daar op die oomblik weens die wêreldwye finansiële krisis nie veel geld is om te spaar nie, aangesien daar op die oomblik net geld is om aan daaglikse behoeftes te bestee.