Urineer-Matie se hofsaak faal
Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het beslis die voormalige student aan die Universiteit Stellenbosch, Theuns du Toit, mag nie terugkeer nie nadat hy op die besittings van ‘n eerstejaarstudent, Babalo Ndwayana, geurineer het. Du Toit het die hof genader om die dissiplinêre bevindings tersyde te stel en beweer onbillikheid en onregmatigheid deur die instelling. Maties het hom in Julie verlede jaar geskors nadat hy skuldig bevind is aan die oortreding van klousules van die dissiplinêre kode vir studente, en die gewysigde koshuisreëls. Die hof het ook gelas dat du Toit die universiteit se regskoste moet dek.