Djokovic gaan moontlik Roland Garros groetJune 7, 2025
Tennis: Novak Djokovic het moontlik Roland Garros vaarwel toegeroep nadat die 38-jarige Vrydag met 6-4, 7-5, 7-6 in die halfeindronde deur Jannik Sinner verslaan is. Djokovic sê egter sy loopbaan is nog nie oor nie. Hy hou vol dat hy steeds die rekord wil verbeter met ‘n 25ste Grand Slam-titel. Djokovic het Wimbledon sewe keer gewen met 10 oorwinnings in Melbourne en drie Franse Ope-titels. Verlede somer het hy die enigste groot titel ingepalm wat hom nog ontglip het toe hy Olimpiese goud op die hoofbaan by Roland Garros gewen het.