Hervorming van staatsondernemings uiters belangrik

Namibië se 81 openbare ondernemings het ‘n batewaarde van 119 miljard Namibiese dollar en laste van 60 miljard dollar, wat ’n netto portefeuljewaarde van 50 miljard dollar gee. Volgens die lynminister, Iipumbu Shiimi verskaf die entiteite werk aan 25 000 Namibiërs en dus, vorm hulle ‘n belangrike deel van die land se nasionale bates. Shiimi sê daarom is hulle hervorming van kritieke belang. Meeste van die instellings se prestasie is betreurenswaardig met swak dienslewering en daarom die landswye konsultasies wat van stapel gestuur is vir hulle hervorming.