Misdade teen bejaardes neem toe
Daar is ‘n toename in misdade teenoor bejaardes regoor die land, aangesien boewe bewus is daarvan dat hulle alleen woon, sonder hulp van ‘n jonger persoon. Vroeër die week is ‘n bejaarde egpaar in hul huis in Kramersdorf in Swakopmund beroof, maar het ongedeerd daarvan afgekom. Nie alle slagoffers is so gelukkig nie. Die Erongo-polisie moedig die publiek aan om ‘n oog te hou oor ouer familielede om hulle te probeer veilig hou. Kosmos 94.1 Nuus het met Inspekteur Ileni Shapumba hieroor gesels.