Maak plan met huurbeheer: navorser
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vra vir die vinnige implementering van die Wetsontwerp op Huurbeheer om stygende huurkoste aan te spreek en huurders teen uitbuiting te beskerm. ‘n Navorser by die instituut, Kitty McGirr, sê die regering moet die implementering van buigsame grondbesit versnel om bekostigbare behuisingsopsies vir sy mense te bied, veral dié met ‘n lae inkomste, en om ekonomiese groei en ontwikkeling in die behuisingsektor te stimuleer. Namibië se huur-tot-inkomste-verhouding het 39 persent bereik, wat gevaarlik naby is aan die bekostigbaarheidsplafon van 40 persent.