Vergadering tussen Nampol en Okh-boere as suksesvol beskryf
Die boere van Okahandja het volgens hulle ‘n uiters geslaagde vergadering gehad met die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, Joseph Shikongo. Die boere het die vergadering versoek, onder meer om die uitdaging van toenemende wild- en veediefstal in die distrik te bespreek. Hakkies Husselman, ‘n boer in die Okahandja-distrik, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vergadering was waardevol en hulle hoop daar gaan meer wees.