Krieket keer terug na Olimpiese Spele

Die sport sal in 2028 in Los Angeles na die Olimpiese Spele terugkeer. Die Internasionale Olimpiese Komitee het ten gunste daarvan gestem dat krieket, vlagsokker, muurbal, lacrosse en bofbal/sagtebal ingesluit word. Krieket was laas in 1900 deel van die Spele en sal na verwagting as ʼn T20-kompetisie vir mans en vroue op die program verskyn. Daar moet nog oor die aantal spanne en kwalifisering besluit word. Amerika en die Windies is aanstaande jaar mede-gashere van die T20 Wêreldbeker en Amerika sal na verwagting ook as gashere  ʼn span inskryf by die LA Spele.