Bokke klim weer na top van wêreldranglys

Rugby: Die Springbokke is terug boaan die wêreldranglys nadat hulle die gashere, Frankryk, verslaan het om deur te dring na die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika was voor die wedstryd in die derde plek, terwyl Nieu-Seeland van vierde tot die tweede plek verbeter het nadat hulle die wêreld nommer een, Ierland, in Saterdag se kwarteindstryd verras het. Ierland is nou derde en Frankryk vierde, gevolg deur Engeland, wat die Bokke in die voorlaaste ronde aandurf. Skotland is sesde, gevolg deur Argentinië wat in die voorlaaste ronde teen die All Blacks gaan uitdraf. Wallis is agste, Australië negende en Fidji tiende.