Twee Engelse losskakels vir Fidji-kragmeting

Engeland pak Fidji met twee losskakels in sy opdrafspan in môre se Wêreldbeker-kwarteindstryd in Marseille. Owen Farrell dra die nommer 10-trui, terwyl Marcus Smith vir Freddie Steward op heelagter vervang. Hoofafrigter Steve Borthwick sê hulle besef watter onvoorspelbare, gevaarlike teenstander die eilandmanne is, maar Engeland het in die groepsfase bewys hulle weet hoe om wedstryde te wen. Hy sê die uitklopfase is altyd opwindend vir hulle ondersteuners by die toernooi sowel as dié by die huis.