Politiek en administrasie meng nie
Oproepe neem toe dat Suid-Afrikaanse politici se mag in administrasie beperk moet word. Dit was die oorweldigende konsensus onder rolspelers tydens ʼn gesprek wat deur die Nelson Mandela-stigting aangebied is. Die geleentheid het gefokus op dit wat die burgerlike samelewing behoort te doen om seker te maak politici word aanspreeklik gehou vir hulle dade, en op die voorspraakrol wat die stigting in volgende jaar se verkiesing wil speel. ʼn Professor aan die Universiteit van die Wes-Kaap se Regsfakulteit, Jaap de Visser, sê dis noodsaaklik dat politici aanspreeklik gehou word vir hulle aksies: