Grys VW Polo-insittendes beroof toeriste net buite WalvisbaaiOctober 12, 2023

‘n Groep toeriste is 14 kilometer buite Walvisbaai op die pad na Swakopmund aangeval en van al hul besittings beroof, insluitend hul persoonlike dokumente. Die verdagtes het in ‘n grys Volkswagen Polo met getinte ruite en ‘n Windhoekse registrasienommerplaat gery. Kosmos 94.1 Nuus het met Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat wat vra dat enigiemand wat inligting oor die voorval kan verskaf, dringend met hulle in verbinding moet tree.