Djokovic steeds nommer een

Die Serwiër Novak Djokovic bly in boonste posisie op die jaareind-ranglys om die wêreld se nommer een te word. Dit kom nadat die Spanjaard Carlos Alcaraz in die kwarteindronde van die Sjanghai Meesters teen Grigor Dimitrov van Bulgarye verloor het. As die 20-jarige die eindstryd gehaal het, sou hy Djokovic verbygesteek het vir die eerste plek in die ATP Live Race To Turin, wat dien as ‘n barometer vir die jaareind se nommer een-stryd. Djokovic loop voor met 500 punte, met een maand oor tot die ATP-eindstryd.