Publiek sal vandag Bennu se grondmonoster sien

NASA sal na verwagting vandag sy grondmonster van die asteroïde Bennu aan die publiek ten toon stel. Die monster het verlede maand teruggekeer aarde toe. Dit is deur die OSRIS-REx-ruimtetuig drie jaar gelede by Bennu versamel. Die landing van die kapsule twee weke gelede in Utah se vlaktes, het ‘n ses jaar lange gesamentlike missie van die Amerikaanse ruimte-agentskap en die Universiteit van Arizona tot ‘n einde gebring.