IMF spreek sy kommer oor ekonomiese groei uitOctober 11, 2023

Die Internasionale Monetêre Fonds sê ekonomiese groei bly wêreldwyd laag en ongelyk. Dit word volgens berigte toegeskryf aan druk weens die Covid-19-pandemie, die Russies-Oekraïnse konflik en inflasie. Die IMF se hoof-ekonoom, Pierre-Olivier Gourinchas, sê hulle voorspel wêreldwye ekonomiese groei sal volgende jaar tot 2,9 persent verlangsaam teenoor vanjaar se 3 persent. Hy sê die verlaging word deels veroorsaak deur die opkoms van geopolitieke blokke wat vrye handel in die wêreld kniehalter: