Faf sê Dupont se terugkeer sal nie hulle spelplan verander nie
Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sê om in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi teen die gasheerland, Frankryk, te speel, is enorm. Frankryk het sy kaptein, Antoine Dupont, terug vir die kragmeting Sondagaand nadat hy in hul groepwedstryd teen Namibië beseer is. De Klerk sê Dupont is ‘n briljante speler en gee sy span baie selfvertroue, maar sy herinsluiting in die span raak nie die Bokke nie omdat hulle hulle voorberei het vir ‘n kragmeting met die die span, en nie met ‘n groep individue nie. Die Springbokke begin vandag met hul voorbereidings vir dié wedstryd.