Water-kwessies moet in Gauteng aangespreek

WaterCAN, ‘n projek van die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om beslissend op te tree en die waterlekkasies in Gauteng te pak. Die uitvoerende bestuurder van WaterCAN, Ferrial Adams, sê die versuim om iets aan die krisis te doen het verwoestende gevolge, wat miljoene Suid-Afrikaners raak. Adams sê die organisasie het gevra vir dringende vergaderings met Rand Water en Johannesburg Water oor die voortslepende krisis. Adams beklemtoon die verliese verteenwoordig ‘n ontstellende werklikheid van onverantwoordelike gedrag wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie: