SAUK en sport uitsaairegte – minister sê volhoubare plan moet gemaak word
Die SAUK en MultiChoice het ʼn lisensie-ooreenkoms bereik wat die openbare uitsaaier toelaat om wedstryde van die Wêreldbekertoernooi in Indië uit te saai. Die Proteas begin hulle veldtog môre teen Sri Lanka nadat Nieu-Seeland die verdedigende kampioen, Engeland, in gister se openingswedstryd verslaan het. Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het die ooreenkoms verwelkom en sê almal kan nou na die Proteas se wedstryde kyk. Sy woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Kodwa vra ʼn permanente oplossing vir sport-uitsaairegte sodat daar beter toegang kan wees: