2030 Wêreldbeker plan lok kritiek uit
2030 se Wêreldbekertoernooi sal in ses lande oor drie vastelande aangebied word. Spanje, Portugal en Marokko is as gesamentlike gashere aangewys, maar die eerste drie wedstryde sal in Suid-Amerika gespeel word. Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, sê die eeufeesviering sal in Uruguay plaasvind waar die eerste Wêreldbekertoernooi gespeel is, asook in Argentinië en Paraguay. Die besluit is met kritiek begroet en ondersteuners het Fifa daarvan beskuldig dat hy betrokke raak by ‘n siklus van vernietiging. Fifa se president, Gianni Infantini, sê die besluit is geneem sodat sokker mense in ‘n verdeelde wêreld kan verenig. Maar, daar is kommer oor die impak van die koolstof-voetspoor met die spanne wat heen en weer moet reis.