Nobelprys vir Fisika: Navorsers neem ‘n miljardste van ‘n miljardste sekonde waar
Die aankondigings van die jaarlikse Nobelprys-wenners is in volle swang en die wenner van die gesogte Vredesprys word Vrydag bekend gemaak. Drie wetenskaplikes het die Nobelprys vir Fisika ontvang vir hulle navorsing oor die wasige wêreld van die elektron. Die Nobelkomitee sê Pierre Agostini van Amerika, Ferenc Krausz van Duitsland en Anne L’Huillier van Swede het die mensdom nuwe gereedskap gegee om die wêreld van elektrone in atome en molekules te verken. L’Hullier is die vyfde vrou om die Fisika-prys te wen.