Regering ‘skaad openbare waterregte vir ontspanning’
AfriForum sê hy is sterk gekant teen die voorgestelde regulasies van die water en sanitasie departement, rakende toegang en gebruik van waterwerke van die staat en grond in staatsbesit vir ontspanning. Die burgerregtegroep noem dit ‘n koverte onteieningskema. Hulle is krities oor die regulasies omdat dit openbare waterregte vir ontspanning ondermyn en ingewikkelde vereistes aan grondeienaars stel wat eiendomswaardes bedreig. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Marais de Vaal, sê hulle soek openbare steun om wat hulle as ’n onbillike aantasting van regte deur die regering beskou, uit te daag. De Vaal doen ‘n beroep op die publiek om teen 20 Oktober kommentaar in te dien.