ActionSA soek inligting oor Gauteng waterkrisis
ActionSA doen ‘n beroep op Rand Water en die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, om ‘n opdrag te gee oor beurtwater wat Gauteng tans raak. Die party se provinsiale voorsitter, Funzi Ngobeni, het kommer uitgespreek oor die kwessie, insluitend deursigtigheid en aanspreeklikheid. Ngobeni sê die party het inligting aangevra oor die duur van die beurtwater, ‘n skatting van wanneer waterstelsels gebalanseerd sal wees, en watter gemeenskappe geraak sal word.