Vele afwesige pa’s betaal steeds nie onderhoud
In 2019 sou die opdraande stryd van baie enkelouers wat veg vir kinderondersteuning deur onderhoudshowe aansienlik verlig word met die aanstelling van tien onderhouds-ondersoekers in nege dorpe deur die justisie-ministerie. Tot dusver sukkel enkelma’s steeds om hul kinders te onderhou weens ‘n gebrek aan betaling van die afwesige pa. Volgens die ministerie is altesaam 3 713 kinderonderhoudsake van April 2020 tot Maart 2023 in Windhoek, Swakopmund en Katima Mulilo aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Linda Baumann gepraat wat sê ons sit op ‘n tikkende tydbom want pa’s word nie verantwoordelik gehou nie.