Ryderbeker: Europa maak korte mette van die VSA
Amerika sal nog vier jaar moet wag vir ‘n kans om die Ryderbeker in Europa te verower na sy aanslag gister in ‘n baie warm Rome in die wiele gery is. Europa het 16 en-‘n -half teen 11 en – ‘n-half gewen na hulle Vrydag die eerste dag se spel oorheers en Saterdag hulle voorsprong in die vierbal vergroot het. Sondag het Europa slegs vier punte nodig gehad vir ‘n oorwinning, en Victor Hovland, Jan Rahm en Rory McIlroy het oorwinnings behaal. McIlroy was verheug oor die uitslag: