Kerkdak stort tydens diens ineenOctober 2, 2023

Die dak van ‘n kerk het Sondag tydens ‘n diens in die noorde van Mexiko ineengestort en minstens nege mense is dood en sowat 50 is beseer. Noodpersoneel is steeds op die perseel en soek na oorlewendes en ander slagoffers. Ongeveer 30 gemeentelede was na berigte in die puin vasgekeer ná die ineenstorting. Die Tamaulipas-polisie sê ongeveer 100 mense was in die kerk ten tye van die voorval.