Dodetal in Spaanse nagklub-brand staan tans op 13
Die dodetal in Sondagoggend se brand in ‘n Spaanse nagklub het tot minstens 13 gestyg, maar dit sal na verwagting selfs verder styg. Die brand het in die vroeë oggendure in die stad Murcia in die suidooste van die land uitgebreek. Vier jongmense wat rook ingeasem het, het oorleef. Die polisie sê die brand het op die eerste verdieping van die klub uitgebreek tydens ‘n verjaarsdagviering. Die Spaanse eerste minister, Pedro Sanchez, het sy meegevoel met die naasbestaandes van die slagoffers betuig, terwyl die burgemeester drie dae van rou afgekondig het.