Vrae oor Geingob se ellelange besoek aan New York

President Hage Geingob het teruggekom in die land na twee weke se besoek, eers aan Frankryk en toe in New York by die 78ste sessie van die VN se Algemene Vergadering. Terwyl hy talle geleenthede op die kantlyn van die byeenkoms bygewoon het, het dit reeds op 22 September tot ‘n einde gekom. Vrae word herhaaldelik gevra oor die werklike waarde van Geingob se uitgerekte besoeke oorsee met groot afvaardigings. Kenners sê beleggings begin nou eers optel, meer as gevolg van die olie-ontdekking as van sy besoeke, wat uiters duur is.