Twee bomaanvalle in Pakistan dood 59

Pakistan is in rou gedompel na minstens 59 mense in bomaanvalle op twee moskees dood is. Gister se aanvalle  het plaasgevind terwyl die land ‘n openbare vakansiedag gevier het om die profeet Mohammed se geboortedag te herdenk. In die ernstigste voorval het ‘n selfmoord-bomaanvaller minstens 54 mense gedood wat vir ‘n parade naby ‘n moskee in die Balochistan-provinsie byeengekom het. ‘n Tweede aanval is op ‘n moskee by ‘n polisie-kantoorkompleks in die Khyber Pakhtunkhwa-provinsie uitgevoer waarin vyf mense dood is en die gebou ineengestort het.