Oos-Kaap vry na beleggings
Die Oos-Kaapse regering sê hy is vol vertroue sy derde beleggingskonferensie gaan ʼn sukses wees. Verlede jaar is beleggings van 46 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig wat tot ʼn duisend nuwe werksgeleenthede gelei het. Die konferensie word vandag in die Internasionale Konvensiesentrum in Oos-Londen gehou. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê nuwe beleggings by vanjaar se konferensie sal aansienlik bydra tot die doelwitte van maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling in die provinsie: