Voor bystand aan Oekraïne gegee word, beveilig ons grense – DeSantis
Die tweede debat tussen Republikeinse presidensiële kandidate het by die Ronald Reagan Presidensiële-biblioteek in Simi-vallei, Kalifornië plaasgevind. Donald Trump was weer nie daar nie – hy het na werkers in Detroit se stemme gevry. Die kwessie van die Oekraïne en Amerikaanse bystand tydens die oorlog was op die agenda. Florida-goewerneur Ron DeSantis sê Amerika se grense moet eerste kom, veral omdat die land tans ‘n migrante-krisis ervaar.