Speaker, hoofswepe ‘moet lakse parlementslede hanteer’

Loide Kasingo, die adjunkspeaker van die parlement, het die Nasionale Vergadering vandag verdaag nadat lede van die opposisieparty almal uitgestap het en slegs 18 Swapo-parlementslede in die huis agtergelaat was. Dit het gekom na ‘n woedende Henny Seibeb, Landless People’s Movement parlementslid, kapsie gemaak het oor ministers en lede van die huis wat nie die sessie bywoon nie. Hy was ondersteun deur McHenry Venaani, leier van die PDM. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, direkteur van die instituut vir openbare beleidsnavorsing gesels oor die kwessie dat lede van die NV nie in die parlement is om op vrae te reageer nie: