Rundu se water-drama duur voort

Die Rundu-dorpsraad het nuwe wateraansluitings in areas van die dorp wat nog nie opgemeet is nie tydelik opgeskort, om watertoevoer na verskeie woongebiede met lae waterdruk aan te help. Daarbenewens is inwoners deur NamWater op ‘n voorafbetaalde water-stelsel geplaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die dorpsraad se uitvoerende hoof Olavi Nathanael gepraat oor die voortslepende water-uitdagings.