EFF studentebevel maak amok by Tukkies, sê AfriForum Jeug

AfriForum Jeug vra die deregistrasie van die EFF studentebevel by die Universiteit van Pretoria en beweer die studenteliggaam was betrokke by gewelddadige betogings op die kampus. Volgens die organisasie is sommige studente op grond van hul ras toegang tot die kampus belet. Die EFF studentebevel betoog teen die uitsetting van sekere kandidate vir die studenteraad. Die woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyver, meen die optrede van die EFF Studentekommando is rassisties en gewelddadig.