DA kla EFF se Tukkies studentebevel by menseregte-owerheid
Die DA-studenteorganisasie sê hy gaan vandag ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie indien teen die EFF studentebevel by die Universiteit van Pretoria. Die EFF was sedert Dinsdag herhaaldelik betrokke by gewelddadige betogings op die kampus en intimideer en keer studente wat nie swart is nie, om op die kampus te kom. Dit volg nadat EFF-kandidate vir die studenteraad geskors is. Die leier van die DA-studenteorganisasie, Liam Jacobs, sê daar is videobewyse van studente wat geteister en gedreig word op grond van hul velkleur: