Amerikaanse ambassade neem afskeid van biblioteek
Die Amerikaanse ambassade nooi die publiek na ‘n afskeidsgeleentheid vir die beroemde Amerikaanse kultuursentrumbiblioteek, wat ‘n leer- en lesingsruimte aan vele Namibiërs gebied het. Deur die jare het duisende Namibiërs baat gevind by verskeie dienste, programme en opleiding wat deur die biblioteek op die 3de vloer van die Sanlam-gebou in die middestad van Windhoek aangebied is. Tiffany Miller, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het meer besonderhede.