AfriForum vat BELA-wetsontwerp hof toe

AfriForum sê hy is besig met voorbereidings vir regstappe teen die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, hangende verdere wetgewende verwikkelings. Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het die BELA-wetsontwerp aanvaar. Die organisasie voer aan die insluiting van artikels oor taal- en toelatingsbeleid dien in die eerste plek politieke doelwitte eerder as om onderrig te verbeter. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, beskuldig komiteelede daarvan dat hulle openbare insette verontagsaam wat nie met hul agenda strook nie: