Weerwaarskuwing vir Wes-Kaap vandag met stortreën

Die Wes-Kaapse regering het ‘n rampbestuursentrum geaktiveer weens ‘n verhoogde weerwaarskuwing. Die Suid-Afrikaanse Weerdienste het die waarskuwingsvlak tot 9 verhoog vir stortreën in die distriksgebiede van die Overberg, Kaapse Wynland en die Tuinroete. ‘n Noodvergadering waar verskeie nasionale en provinsiale departemente teenwoordig was, het kommer uitgespreek oor moontlike kitsvloede, modderstortings en oorstromings op paaie en in woongebiede. Khanyisa Makhubalo van die Weerdienste het mense versoek om tydens die storm binnenshuis te bly: